Rolbal-Aandliga vir Besighede

From: 17 March 2017

Location: Rolbalklub, LTT

Details:

Die Louis Trichardt Rolbalklub bied binnekort weer hul gewilde aandreeks vir besighede aan.

Die hoofdoel van die reeks is om rolbal as sport te bevorder met wedstryde wat by die klub se bane op die hoek van Anderson- en Ruhstraat gespeel sal word.

Deelname kos R500 per span bestaande uit vier persone, met ‘n baanfooi van R10 per speler wat tydens elke wedstryd betaalbaar is. 

Die eerste wedstryd vind op 10 Maart plaas, gevolg deur die tweede rondte op 17 Maart en die finaal op 24 Maart

Braaipakkies sal ná elke wedstryd verkoop word, met pap en sous wat voorsien sal word.

Besighede wat belangstel om ‘n span in te skryf moet voor of op 3 Maart vir Carel Vol­schenk sakel by tel. 084 553 1807), Kittie de Bruin by 082 856 9047 of Mariè Volschenk by 084 500 2453. 

Rolbalhoute sal beskikbaar wees vir diegene wat nie het nie.

Contact Person: Carel Volschenk

Tel:

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun