NG Levubu Kerkbasaar

From: 04 December 2021

Details:

Die NG Kerk Levubu beplan op 4 Desember ‘n groot makietie met die hou van hulle Kerkbasaar. In wat beskryf word as ‘n “eerste vir die streek” sal daar ‘n Kersboom, kompleet met Kersvader en sy Elf-helpertjie, ook wees.
Die basaar bied aan inwoners ‘n gulde geleentheid om al hulle Kers- “benodighede” en lekkernye, wat in oorvloed sal wees, te koop. Daar is ook Kerspakkies vir kinders saam met Kersvader. “Alles wat ‘n basaar moet hê, sal daar wees,” nooi die gemeente. Daar sal ook perdry, ritte op ‘n mini-trein en vulkane wat ontplof vir die kinders wees.
Die basaar begin om 09:00 op die kerkterrein. Vir meer inligting, skakel ds. Petrus Kriel by tel. 082 898 2081.

Contact Person: Petrus Kriel

Tel: 082 898 2081

Upcoming events

Ondersteuningsgroep byeen
Where: NG Kerk Louis Trichardt
Start: 04 Oct  (17:30 PM)
End:  27 Dec  (17:30 PM)
Dames Skietdag
Where: Schyffontein Skietbaan buite Louis Trichardt
Start: 08 Jan