ADVERTISEMENT:

 

Willehond glimlag vir oulaas voordat sy probleemtande verwyder moes word. By hom is sy eienaar, Leonie Oberholzer.

Tweebeen Willehond moet verjaarsdag uitstel

 

Ongelukkig bring die jare vir hondekinders ook meer kwale en skete en sal Louis Trichardt se bekende tweebeen Willehond eers heelwat later sy verjaarsdag kan vier.

Hy moes verlede week ‘n operasie ondergaan sodat van sy tande, wat nie meer lekker wil kou nie, uitgehaal kan word. Dit is om te keer, sê dr. Neil Jacobs, dat Willehond nie infeksies kry en ernstig siek word nie.

Leonie Oberholzer, Willehond se mense-ma, sê hulle versorg hom al ses jaar en dat dit net ‘n plesier is. Hulle het hom vir dood opgetel op ‘n plaas. Hy was toe net vel-en-been en waar sy voorste bene moes wees, was daar net twee stompies.  

“Maar hy was ‘n survivor,” sê Leonie.

Sy het ‘n gediggie geskryf om Willehond se sesde verjaarsdag te vier:

Wille Willehond, jy loop lekker soos ‘n mens rond. Jy’s dalk klein maar jou hart is groot. En jy verstaan tog elke woord.

As die gevaar kom staan jy nie ‘n tree terug, met die hart van ‘n leeu kan jy als oorbrug. Al het jy net twee bene om op te staan , is jy nou al 6 jaar in my lewensbaan.

Jy laat my baie lag met jou manewales, en soms moet ek jou soos ‘n baba aan die slaap sus.

Die knorrigste mens se hard word sag, as hulle jou met nuwe oë betrag. Jy’s my asem en skaduwee, vir jou kan ek net liefde gee.

News - Date: 03 September 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: