ADVERTISEMENT:

 

Vir die talentvolle fietsryer CP van Wyk, in die kleure van PSG, was dit ‘n emosionele oomblik toe hy die afgelope naweek sy eerste goue medalje in die nasionale bergfietsreeks op Sabie ingepalm het. Foto verskaf.

Emosionele wen vir CP

 

Vir CP van Wyk, opkomende fietsryster van Levubu en tans student op Stellenbosch, was dit ‘n baie emosionele oomblik toe hy Saterdag ‘n algehele eersteplek ingepalm het in sy ouderdomskategorie van die nasionale bergfietsreeks.

CP neem hierdie jaar volstoom deel in die O/23-kategorie (vol marathon van tussen 72 en 75 km) van dié nasionale reeks, wat deur Ashburton geborg word. Die afgelope naweek het die reeks fietsryers na Sabie gelok.

“Ons sit Vrydagaand voor die resies en gesels en CP vertel my hoe hartseer hy is oor Mohamed [van Cycle Centre in Louis Trichardt] se afsterwe, asook hoe hartseer hy was om nie deel te kon hê aan die gedenkrit wat vir Mohamed gereël is. Net daar besluit hy, hy gaan hierdie resies vir Mohamed ry! Ek het skoon hoendervleis gekry,” vertel sy ma, Ralda. Hy het nou wel nie met ‘n swart band om die arm gery nie, maar “dit was wat hy met sy hart besluit het,” sê Ralda.

En toe gebeur die onwerklike: CP wen sy eerste goue medalje ooit in die nasionale bergfietsreeks. Hy voltooi die 72 km wedren in ‘n tyd van 03:35:55.

“Ons is nou nog so emosioneel daaroor – dit is nog onwerklik!” sê Ralda.

CP eindig algeheel tweede in die vol marathon, maar was eerste in sy kategorie vir fietsryers tussen 19 en 22.

“Ek weet nie hoe om in woorde te sê hoeveel emosie deur ons gegaan het hierdie naweek nie.  Ek dink nie CP self kan dit al glo nie,” sê Ralda.

CP het verlede jaar, sy eerste jaar as student by die Universiteit van Stellenbosch, dit bietjie rustig gevat om aan te pas. Hy het egter deurlopend in die saal gebly. “Maar harde werk betaal … Sedert Desember het hy weer intens begin oefen,” sê Ralda. As sy prestasie die afgelope naweek die maatstaaf is waarvolgens CP gaan presteer, is hy seker om baie goed te doen in die nasionale reeks. Ralda het Woensdag laat weet dat CP na afloop van die naweek se wedren tans nasionaal eerste is in beide die vol marathon kategorie, asook sy ouderdomskategorie.

Sport - Date: 27 February 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: