ADVERTISEMENT:

 

Jannemari Fourie van Hoërskool Eric Louw in Musina.

Jannemari sluit seisoen op hoë noot af

 

Jannemari Fourie van Hoërskool Eric Louw sluit haar skool atletiekloopbaan op hoë noot af, nadat sy vir die tweede keer in een seisoen provinsiale kleure vir atletiek verwerf.

Sy slaag daarin om ‘n eersteplek in gewigstoot te behaal, asook ‘n nuwe rekord op te stel in dié item vir meisies O/19 tydens die Limpopo Atletiekkampioenskappe in Polokwane op 14 Februarie. Tydens die byeenkoms eindig sy ook tweede in diskus.

Jannemari het gekwalifiseer om aan albei items deel te neem tydens die nasionale skole atletiekkampioenskap vanaf 25 tot 28 Maart in Rustenburg. Hier behaal sy ‘n derdeplek en stap weg met ‘n brons medalje. Dit is die eerste keer in 11 jaar dat ‘n atleet van Eric Louw ‘n medalje wen tydens die nasionale kampioenskappe.

Jannemari neem ook op 11 Februarie deel aan Atletiek Suid-Afrika se provinsiale kampioenskappe waar sy in albei haar items, gewigstoot en diskus, eersteplekke verower.

As gevolg hiervan kwalifiseer sy in gewigstoot vir deelname aan die nasionale kampioenskappe wat vanaf 9 tot 11 April in Bloemfontein beslis word. Indien sy tydens hierdie byeenkoms kan kwalifiseer, sal sy Suid-Afrika in Junie verteenwoordig in Samoa.

Sport - Date: 09 April 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: