ADVERTISEMENT:

 

Marno van Zyl (middel) van Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag die Junior-seuns kategorie van die eerste provinsiale bergfietsliga, die Tour de Gat in Phalaborwa, gewen. Langs hom staan Paul Dando (links) en Matthew Wilkinson (regs) van Stanford Lake, wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

Triegies fietsryers oorheers Tour de Gat byeenkoms

 

Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag behoorlik "GAT" geskop tydens die eerste rondte van die provinsiale skole XCO-bergfietsliga in Phalaborwa.

Die skool het ‘n vroeë 40-punte voorsprong geneem na afloop van die Tour de Gat op die provinsiale punteleer, ná ‘n puik vertoning deur die Triegie-ryers. Standord Lake College, wat verlede jaar as algehele wenners van die liga uit die stryd getree het, lê na Saterdag tans tweede, met Hoërskool Merensky derde, Hoërskool Piet Potgieter vierde en Hoërskool Pietersburg vyfde.

Uit Triegies se span van 22 ryers wat Saterdag deelgeneem het, het vier ryers podiumplekke ingepalm, terwyl 13 van hulle Top-10 posisies ingepalm het.

Richard Lambert en Marno van Zyl wen elk hulle ouderdomskategorie. Lambert palm naelskraaps die Youth-seuns afdeling in met ‘n algehele tyd van 41 minute en 50 sekondes oor vier rondtes, ‘n skrale sekonde vinniger as Carel Smit van Piet Potgieter. Van Zyl wen ietwat meer gemaklik die Junior-seuns afdeling met ‘n algehele tyd van 52 minute en ses minute oor vyf rondtes, 36 sekondes vinniger as sy naaste kompetisie, Paul Dando van Stanford Lake.

Tweede plekke word ingepalm deur Christelle Coetzer en Joleen de Swardt. Coetzer, een van die provinsie se top ryers in die Youth-meisies afdeling, voltooi haar vier rondtes in ‘n tyd van 53 minute en 16 sekondes, ten spyte van ‘n voetbesering en spekulasie voor die wedren of dit wys sal wees vir haar om te ry. De Swart ry op haar beurt tweede oor die wenstreep in die Junior-meisies afdeling in ‘n tyd van 52 minute en 28 sekondes oor vier rondtes.

Die kinders wat almal Top-10 plekke ingepalm het, was Dominique Nel en Leandrie de Jager, wat onderskeidelik vyfde en sesde eindig in die Sub Junior-meisies afdeling oor twee rondtes. Rohan Cronjé, De Wet du Toit en Ethan Herman eindig onderskeidelik agste, negende en tiende in die Sub Junior-seuns afdeling, terwyl Karla van Zyl, Marvelique van der Merwe, Mekayle Geyer en Anicka Nel onderskeidelik sesde, sewende, agste en negende eindig in die Youth-meisies afdeling. In die Youth-seuns afdeling was Turner de Swardt en Heine de Jager (junior) onderskeidelik vyfde en sesde.  In die Junior-meisies afdeling eindig Charne Labuschagne sewende, met James Raper tiende in die Junior-seuns afdeling.

Die volgende rondte van die provinsiale XCO-liga, die Tour de Lake, vind op 13 Augustus plaas met Stanford Lake as gasheer. Dit beloof ‘n uitdagende kragmeting te wees, met Stanford wat sekerlik sal poog om hul 40 punte agterstand op die punteleer af te werk.

Sport - Date: 29 July 2016

Recent Articles

Search for a story:

 

Ten spyte van ‘n voetbesering het Triegies se Christelle Coetzer steeds uitstekend getrap tydens die afgelope naweek se Tour de Gat-bergfietsliga in Phalaborwa. Sy eindig tweede in die Youth-meisies afdeling. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

Nog ‘n Triegie wat ‘n podiumplek kon losry tydens die Tour de Gat-bergfietsliga in Phalaborwa was Joleen de Swardt. Sy het tweede geëindig in die Junior-meisies afdeling. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

Triegies se Richard Lambert (middel) het tydens die Tour de Gat-bergfietsliga in Phalaborwa naelskraap die Youth-seuns afdeling ingepalm. Carel Smit (links) en Eldric Bekker (regs), beide van Hoërskool Piet Potgieter, was onderskeidelik tweede en derde. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

Hoërskool Louis Trichardt se fietsryspan het Saterdag, tydens die Tour de Gat in Phalaborwa, hard gewerk om hul skool ‘n vroeë voorsprong te geen in die provinsiale skole XCO-bergfietsliga. Voor, van links na regs, sit Rohan Cronjé, Drico Kahts, Leandrie de Jager, Joleen de Swardt, Karla van Zyl, Charne Labuschagne en Calvin Lee.  In die tweede ry is Marno van Zyl, TJ van Eeden, Dominique Nel, Christelle Coetzer, Marvelique van der Merwe en Mekayle Geyer. In die derde ry is James Raper, Eduan Naudé, Turner de Swardt, Anicka Nel, Heine de Jager (junior) en Richard Lambert. Agter is Ethan Herman, Roan le Roux en De Wet du Toit. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: