ADVERTISEMENT:

 

Die modderman, of te wel Bas Rennings, het in 'n stadium besluit dis beter om eerder langs sy fiets te loop. Hy was een van 'n handjievol plaaslike fietsryers wat Sondag se gure reënweer aangedurf het om deel te neem aan die Cycle Centre Bergfiets Challenge. Foto: Cycle Centre.

Fietsryers se geesdrif nie deur slegte weer gedemp

 

Daar was soveel modder en reën tydens vanjaar se Cycle Centre Challenge dat deelnemers beswaarlik voor hulle kon sien, maar dit het nie die geesdrif gedemp nie.

Vanjaar se Cycle Centre Bergfietswedren op 13 April, aangebied in samewerking met die P&L Fietsryklub, is in die vorm van ‘n Cross Country resies aangebied, wat behels dat deelnemers ‘n bepaalde sirkelroete ry en die vinnigste moontlike tyd probeer opstel. Die lengte van die baan wissel tussen 2 en 6 km, afhangende in watter ouderdomskategorie deelgeneem word. Ouer deelnemers voltooi drie rondtes, terwyl jonger fietsryers net een korter rondte voltooi.

Die mansfietsryer wat die vinnigste baantyd aangeteken het was Graham Crystal, met 'n tyd van 00:17:12.

Eerste in die nippers kategorie vir seuns O/10 was Hugo Rennings, gevolg deur Joshua Retief en Pepijn Rennings. In die sprogs kategorie vir seuns O/13 was Owen Venter eerste om oor die wenstreep te ry, gevolg deur Claudio dos Ramos Abreu in die tweede plek en Tumi Thupana derde.

Zian van den Heever was die wenner van die sub-junior afdeling vir seuns O/14, gevolg deur Casper John Venter en Heine de Jager. In die afdeling vir O/16-seuns was Edwin Simpson die wenner, gevolg deur Douglas Archer in die tweedeplek. Eerste tuis in die junior mansafdeling (O/18) was Komborero Bere, met Christo Hanekom en Pieter Jacobs onderskeidelik in die tweede en derde posisies.

Graham Crystal, die wenner van die mans O/23 afdeling, is gevolg deur Juandré Brits in die tweede plek. Die wenner van die mans O/29-afdeling was Marc van Zyl met Paul Carter tweede. In die sub-veteraan afdeling vir mans O/39 was Nico Geldenhuys eerste oor die wenstreep, met Shaun O’Callaghan tweede en Ross Clayton derde.

Casper Venter was die eerste veteraan man (O/49) om die wedren klaar te maak, gevolg deur Richardt Janse van Vuuren (tweede) en Stefan Horn (derde). Johan van Dijkhorst was die eerste meester en  Elmo Barnard die eerste senior man.

In die vroue- en meisiesafdeling was die inskrywings maar skraal. Abigail van Niekerk wen die nipper kategorie in ‘n tyd van 01:18:54. Jessica dos Ramos Abreu wen die meisies O/12-kategorie, terwyl Emma Melville die sub-junior kategorie wen vir dogters O/14.

Lané du Plessis was die eerste O/18 vroue deelnemer om klaar te maak, gevolg deur Chanté du Plessis.

Sarah Venter het eersteplek ingeneem in die veteraanafdeling, met Sanet Koekemoer in die tweede plek. Sarah was ook die vroue fietsryer wat die vinnigste baantyd aangeteken het in 'n tyd van 00:28:07.

Die fietsryklub het na afloop van die wedren die volgende borge bedank vir hul ondersteuning: Cycle Centre (Bobby, Mohammed en familie), Talisman Louis Trichardt (Laurie en Jenny), die Zoutpansberg Privaat Hospitaal, Harnam House (Wayne) en Komatiland Bosbou.

Sport - Date: 17 April 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
Sarah Venter was die vinnigste vrou tydens die Cycle Centre Challenge en ook die veteraan vrouewenner. Foto: Cycle Centre.
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: