ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Drama in Ooshuyse-saak duur voort

 

Die stof het nog steeds nie gaan lê oor die hofdrama van ‘n bekende Louis Trichardt sakeman nie.

Mnr. Martinus Jacobus Oosthuyse (47) en vier van sy werkers, Rodger Chikadzi, Gift Machipisa, David Mapiye en Gilbert Sikhokho Muthelo word aangekla van poging tot moord, ontvoering en aanranding. Hulle het op 6 Desember hier in die distrikshof verskyn.

Hulle word daarvan verdink dat hulle in September die reg in eie hande geneem het en drie Zimbabwiese mans, wat vermoedelik by Oosthuyse se onderneming ingebreek het, agter ‘n bakkie gesleep het. Daar is ook sprake dat die drie beweerde slagoffers aan ‘n boom vasgebind is en met pype aangerand is.

Intussen kan daar moontlik ‘n nuwe saak met Oostuyse en sy mede-beskuldigdes se saak verbind word.

Sikapila Markson Mudenda (53), ‘n Sioniste-profeet van Zimbabwe, het verlede Woensdag in die landdroshof verskyn op ‘n klag van dwarsboming van die gereg. Mudenda word daarvan verdink dat hy glo geld ontvang het om vir die polisie te jok. Daar word van ‘n bedrag rondom R5 000 gepraat.

Mudenda sou na bewering vir die polisie ‘n verklaring moes gee wat sê dat hy die pa van die beweerde slagoffer, wat Oosthuyse sou aangerand het, is. Die verklaring sou verder glo gelees het dat die slagoffer in die saak teruggegaan het na Zimbabwe en die klagte teen Oosthuyse wil terugtrek.

Mudenda se saak moes egter Woensdag uitgestel word tot volgende jaar, nadat die staatsaanklaer in die saak onttrek het van die saak. Mudenda se saak is toe uitgestel tot 23 Januarie volgende jaar. Borg van ‘n R1 000 is tydens ‘n vorige hofverskyning aan hom toegestaan.

Oosthuyse en sy mede-beskuldigdes se saak is uitgestel tot 17 Januarie volgende jaar. Al vier die werknemers sal in aanhouding bly tot dan. Borg kon nie aan hulle toegestaan word nie, aangesien hul werkspermitte ten tye van hul aanhouding verval het. Al vier is glo Zimbabwiërs.

News - Date: 26 December 2011

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: