Phillip brul een van die dae vir die Goue Leeus
Binnekort sal daar ‘n Triegie-leeu brul in die Goue Leeus-span. Philip Apea-Adu (o.18) van Hoërskool Louis Trichardt is vanaf 2019 uitgekontrakteer aan die o.19-span van die Emirates Lions. Hy het in Mei ‘n kontrak geteken met dié gewilde klub, wat al in die Currie Beker, Vodacom- en Super Rugbyreeks deelgeneem het.



