Kankergroep baat ook by Triegies vs Merensky-dag
Saterdag kom Hoërskool Louis Trichardt se sportspanne te staan teen hul bure, Hoërskool Merensky van Tzaneen. Die byeenkoms word egter ook gebruik om fondse in te samel vir die Makhado Care Group, ‘n organisasie wat kankerlyers bystaan.



