79. Daisy kort inspirasie en raak weg (Deel 2)
Daisy besluit om net te verdwyn. Sy wil iewers wees waar sy haar muse kan vind en gewoond raak aan die veranderinge rondom haar. Sy eindig in ‘n boskroeg naby Alldays en hier ontmoet sy ‘n vreemde vrou. Eers dink sy dit is ‘n man, maar dan begin die vroulike lyne en die borrelende geaardheid haar aantrek.



