ADVERTISEMENT:

 

Hoekom kan N1-smouse net maak soos hulle wil?

 

Ben Pienaar van Louis Trichardt, skryf:

Dit is met verbasing en absolute afgryse wat ek die situasie by die Elim-sirkel [N1 suid] dophou. Ek verstaan nie hoe ons net kan aanvaar dat dit nou die nuwe realiteit is, en ons daarby moet inval nie.

Hier het ons met 'n klomp mense te doen wat geen ontsag het vir die wette van Suid Afrika nie en 80%, indien nie almal nie, is buitelandse burgers. Hulle eien hulle die reg toe om te maak soos hulle wil, waar en wanneer hulle wil. 

Die owerhede het hulle al twee keer waarvan ek bewus is gaan verdryf, net om later die selfde dag weer hulle "shacks" op te slaan asof die lastige "vliegie" gewyk het. Ek weet nie hoe wetstoepassing sal geskied as daar nie daadwerklik teen oortreders opgetree word nie.

Sou enige grondeienaar langs die N1 ‘n stalletjie wou bedryf of ‘n nuwe toegangspad na sy eiendom wou maak, is SANRAL baie vinnig om te kom verduidelik dit mag nie, dis immers ‘n tolpad en jy kan nie maak soos jy wil nie.

Ek wonder nou net hoeveel ongelukke moet gebeur voor daar opgetree gaan word.

Letters - Date: 17 February 2022

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: