Beja Baber Bonanza

From: 25 April 2015

Until: 26 April 2015

Location: Albasinidam

Details:

Prysgeld van R20 000 vir die swaarste baber is te wen in die senior-afdeling van die NG Kerk Levubu gemeente se Beja Baber Bonanza op 25 en 26 April by die Albasinidam.

Ander prysgeld in die senior-afdeling sluit in R3 000 elk vir onderskeidelik die swaarste kurper, swaarste karp en swaarste swartbaars. 

Die juniors kan ook nader staan, want in hierdie afdeling is R5 000 te wen vir die swaarste baber en R2 000 elk vir onderskeidelik die swaarste kurper, swaarste karp en swaarste swartbaars.

Die twee-dag kompetisie duur op 25 April van 07:00 tot 16:00 en op 26 April van 07:00 tot 12:00. Daar kan egter reeds op die 24ste vanaf 12:00 by die Beja Hengelparadys ingeskryf word. 

Deelname kos R250 per volwassene (boot of oewer) en R100 vir juniors. ‘n Naweekfooi van R50 per persoon of R30 per persoon vir dagbesoekers is betaalbaar. Toegang vir laerskoolkinders is egter beide dae gratis.

Vir meer inligting oor inskrywings, reëls of kampeerfooi, skakel Mykie Vosloo by tel. 084 483 0341 of stuur ‘n e-pos na [email protected]

Contact Person: Mykie Vosloo

Tel: 084 483 0341

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun