Vollies hou Kersmark

From: 24 November 2015 at 10:00 AM

Until: 30 November 2015 at 20:00 PM

Location: Volle Evangelie Kerk, LTT

Details:

Die Volle Evangelie Kerk in Louis Trichardt bied vanaf 24 tot 30 November weer hulle gewilde Kersmark aan met inwoners wat weer kan uitsien na ‘n verskeidenheid gehalte stalletjies.
“Kom maak jou mandjie vol vir die feestyd met besonderse en unieke geskenke,” nooi die gemeente.
Die mark vind plaas op die kerkterrein op die hoek van Burger- en Rissikstraat en volop parkering sal beskikbaar wees. Van Maandag tot Vrydag duur die Kersmark daagliks vanaf 10:00 tot 20:00 en die Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Toegang is gratis. “Daar is die hele week veilige speelplek vir die kinders onder die bome en natuurlik sal springkastele ook kinders besig hou, terwyl mamma rustig kan deurloop. Kom geniet ons plattelandse gasvryheid!” sê die gemeente.
Vir meer inligting, skakel Heleen by 072 550 4614, stuur ‘n e-pos aan [email protected] of besoek www.krismiskous.co.za.

Contact Person: Heleen

Tel: 072 550 4614

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun