Conway Rugbydag

From: 06 April 2024 at 08:00 AM

Location: Louis Trichardt Rugbyklub

Details:

‘n Fees van rugby is weer op die spyskaart tydens die Louis Trichardt Rugbyklub se gewilde jaarlikse Conway Rugbydag wat op Saterdag, 6 April, plaasvind.
Die oggend se program sluit in wedstryde tussen Laerskole Louis Trichardt en Messina se rugbyspanne, met die o.9’s wat om 08:00 op die veld sal draf. Om 08:40 kom die twee skole se o.10’s teen mekaar te staan, waarna die o.11’s mekaar om 09:20 die stryd sal aansê. Die skole se tweedespanne sal om 10:40 op die veld draf, waarna hulle eerstespanne se wedstryd om 11:30 sal afskop.
Die senior spanne sal hierna op die veld hardloop, met Louis Trichardt en Letaba se derdes wat om 12:00 teen mekaar te staan kom. Dit word gevolg deur ‘n wedstryd tussen Musina se tweedes en hulle eweknieë vanaf Kruinies om 13:15, waarna Louis Trichardt 2 en Mogol 1 om 14:40 op die veld sal draf. Die dag sal afgesluit word met twee opwindende eerstespanwedstryde, met die wedstryd tussen Letaba 1 en Musina 1 wat om 16:00 afskop, gevolg deur Louis Trichardt 1 se manne wat om 18:00 te staan sal kom teen Kruinies 1.
Toegang vir die Conway Rugbydag beloop R40 per voertuig. Eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word. Ladies Circle 4 sal ook ‘n kosstalletjie hê.

 

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun