Visvangkompetisie

From: 20 April 2024 at 05:00 AM

Location: Plaas Stubbs en Mons, Mopane

Details:

Die streek se hengelaars kan naderstaan, want die NG Kerk Soutpansberg-gemeente se gewilde visvangkompetisie is op hande.
Die kompetisie word aangebied deur die gemeente se diakonie as fondsinsameling en vind op Saterdag, 20 April, op die plaas Stubbs en Mons van Koos van der Merwe op die Kortdraai-pad (Mopane) plaas. Deelname kos R200 per hengelaar, met prysgeld vir die grootste karp, kurper en baber. Toeskouers betaal toegang van R100 elk, terwyl laerskoolkinders en jonger kinders gratis kan kom saamkuier.
Kaartjies vir die kompetisie is vooraf beskikbaar by enige van die diakonie of skakel vir leierdiaken Carno Smit by tel. 083 254 7211. Hengelaars kan ook die oggend van die kompetisie vanaf 04:00 by die plaashek inskryf, met die kompetisie wat om 05:00 begin. Die inweeg is om 16:00, met die prysuitdeling wat om 17:00 plaasvind.

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun