Soontoe Vriendefees

From: 01 May 2024 at 07:00 AM

Until: 01 May 2024 at 22:00 PM

Location: Soontoe

Details:

Op Woensdag, 1 Mei, gaan daar weer lekker saam gekuier word tydens die volgende Soontoe Vriendefees buite Louis Trichardt ten bate van die Isability Sportklub.
“Kom geniet ‘n dag vol speletjies en pret,” nooi die organiseerders. Daar is hope kompetisies en pret soos boeresport, boogskiet, visvang ensovoorts, asook bewusmaking oor wat die Isability-klub se werksaamhede is.
Die dag se verrigtinge duur van 07:00 tot 22:00 en spanne van vier kan ingeskryf word. Toegang beloop R100 per persoon, R50 vir kinders onder 12 en is gratis vir voorskoolse kinders. Staanplekke vir uitstallers is beskikbaar teen R150 elk.
Besoekers en deelnemers is welkom om te kom braai en eie kos saam te bring. Daar sal ‘n kontantkroeg wees, so GEEN eie koelbokse sal toegelaat word nie.
Vir meer inligting, WhatsApp jou navraag aan 074 113 8463

 

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun