Ontwikkeling in rioolvlei hou gesondheidsgevaar in
News:
09 May 2008
By Nic Hoffmann
Die moontlikheid dat die nuwe ontwikkeling wat beoog word, aangrensend tot Eltivillas en waarvoor die Makhado Munisipaliteit onlangs meer as 150 erwe opgeveil het, ´n gesondheidsramp is wat wag om te gebeur, is groot. Hierdie nuwe woongebied grens direk aan ´n vleiland waarin duisende liters rou riool vir die afgelope paar jaar invloei.



