Gewilde skoolhoof sterf na skielike hartaanval
News:
28 April 2006
By Frans van der Merwe
Die gewilde skoolhoof van Laerskool Levubu, mnr. Nico Botes, is verlede Vrydag op Thohoyandou oorlede. Hy het in ‘n handelsbank aan ‘n massiewe hartaanval beswyk. Die begrafnis was Woensdag op Levubu.



