Boere dreig om reg in eie hande te neem
News:
21 February 2003
By Andries van Zyl
Boere en grondeienaars het die afgelope week gedreig om 'n de facto regering tot stand te bring, sou die Staat voortgaan om hul pleidooi tot die handhawing van wet en orde in die streek en provinsie te ignoreer.
Die boodskap het duidelik na vore getree tydens 'n massa-vergadering van boere op Vrydag (14de).



