Nie-betaling van Eskom is ‘n “onbenulligheid”
News:
12 July 2013
By Linda van der Westhuizen
“Inwoners moet daarop fokus om hulle rekeninge te betaal en nie om te spekuleer of te konsentreer op onbenullige sake (trivial issues) nie,” sê die Makhado Munisipaliteit. Op die oog af klink dit na goeie raad. Die enigste probleem is dat die onbenullige sake waarna verwys word, die afwesigheid van elektrisiteit in Makhado (Louis Trichardt) is.



