Streek se paaie eis nog twee lewens
News:
14 February 2003
Twee persone is vroeg Maandagoggend dood, na 'n semi kop-teen-kop ongeluk tussen 'n minibus-taxi en 'n bakkie op die Louis Trichardt/Elim-pad. Die ongeluk was een van talle wat die afgelope week die plaaslike nood- en reddingsdienste behoorlik laat bontstaan het.



