Grensdorp gereed vir moontlike uittog uit Zimbabwe
News:
11 April 2008
By Frans van der Merwe
Gebeurlikheidsplanne is in plek om noodverblyf te kan verskaf op Musina indien daar ´n skielike uittog uit Zimbabwe sou ontstaan in die huidige ontwrigting, spanning en verwarring wat deur die vertraagde verkiesingsuitslae en plaasbesettings veroorsaak word. Private instansies, asook die Musina Munisipaliteit, in samewerking met verskeie staatsdepartemente, is gereed vir so ´n gebeurlikheid.



