Nuwe voorsitter, nuwe dryfkrag agter dispuut
News:
17 October 2011
By Linda van der Westhuizen
Nuus van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging is dat die dispuut met die Makhado Munisipaliteit nog lank nie bygelê is nie. Die nuwe roterende voorsitter van die SBBV, me. Inga Gilfillan, het hierdie week gesê dat die vereniging die dispuut opnuut dryf sodat “belastingbetalers dit laat gebeur dat dienste gelewer word en beloftes uitgevoer word.”



